Geloofsvryheid

Meeste konstitusies deesdae het ‘n geloofsvryheid klousule. Terwyl mens volwasse raak, dink mens nie veel daaraan, en word aangeneem die klousule bestaan, om te verseker; die geloof waarmee mens gebore word, kan beoefen word. Met geboorte is mens outomaties deel van “die-groep”, as mens se ouers deel is van hulle. Ek bedoel met “die-groep”, een van die hoofstroom gelowe bv. Christenskap. “Die-individu” is ‘n konsep waarmee ek eers heelwat later in my lewe te doen gekry het. Wanneer die idee, “die-individu”, betrokke raak in mens se lewe, dan besef mens die “geloofsvryheid” klousule, was waarskynlik ingesluit in sekulere konstitusies omdat die hoofstroom gelowe die gebruik het om “die-individu” te ban.

In die dae toe koninkryke alledaags was, was konings “die-individu”, en as hulle hul geloofsvryheid te ver gevat het, het die broeders hulle geban. Dit is wat die split in bv. Brittanje veroorsaak het tussen Rooms Katolieke en Protestante. Die koning het nie die Roomse kerk se gesag aanvaar. Hy het sy eie geloof erken en die Rooms Katolieke se invloed in die Britse staat offisieel uitgesluit.

Tans in Suid-Afrika het die geloofsvryheid klousule pertinent geraak in my lewe. Ek is geban deur die broeders omdat hulle glo, net God, wie een man is, is eerlik. Dit druis onverdraaglik in teen my opvoeding, wat my beinvloed het om eerlik te wees. Ons geloof het veroorsaak dat my pa oorlede is op 53 en my ma op 63. Alhoewel hulle Christene was, was hulle nie deel van die groep Christene wat oud raak nie. As hulle werklik geloofsvryheid gehad het sou hulle baie langer geleef het. Die metafore, “Moeder van God”, “Seun van God” en “Vader”, het tot hule vroee afsterwe bygedra as gevolg van die gemeenskap se Kaiafas sindroom. Die probleem is, volgens die meerderheid se “geloof”, word die God wat “geloof” word ook ingedoen, deurdat “sy” intelligensie gesteel word vir oorlewing van “die-groep”. “Die-individu” wat eerlik is, en ook relatief swak is, omdat “hy” nie deel is van die groep, is veronderstel om beskerm te word deur die regstelsel, wat individuele regte moet beskerm. Wanneer die regstelsel sleg raak, soos die geval huidiglik in Suid-Afrika, dan verloor “die-individu sy” reg om eerlik te wees. Die gevolg is, alles gaan agteruit. Kreatiwiteit as gevolg van goeie idees, wat groepe se lewensvatbaarheid en kontinuiteit verseker gaan verlore. Mens kan net goeie idees vorm, van waar legkaartstukke in gedagtes. Wanneer die meerderheid van die mensdom leuenaars raak, vermeerder die vals legkaartstukke, totdat ‘n samelewing nie meer die legkaart van hulle toekoms kan bou-nie. Die gemors waarin Suid-Afrika huidiglik is, is ‘n voorbeeld van wat dan gebeur.

Ek het Divided Party, ‘n nuwe politieke party begin, gedeeltelik met die doel om die geloofsvryheid probleem op te los. Omstandighede in Suid-Afrika het gewys, die geloofsvryheid klousule, is nie genoeg om die land se bevolking, eerlik genoeg te hou vir volhoubare voortbestaan. Die klousule beskerm net die hoofstroom gelowe se groepe. “Die-individu” sukkel om te oorleef omdat al die “intelligensie” gesteel en ontwikkel word, tot voordeel van groepe. Dit veroorsaak; “die-individu” kan nie hervormers wees en akademiese vryheid beoefen, sonder om ingedoen te word. Luther kon gaan aanklop by prinse wat hom ondersteun het, omdat hulle ook eerlik was, maar in Suid-Afrika, lyk dit my is daar niemand wat eerlik genoeg is, om my kant te kies. Selfs my goeie vriende van ouds verkies die veiligheid van “die-groep”. Dit is verstaanbaar want hulle het families wat hulle moet onderhou en die mag wat die geloofsvryheid klousule breek, teen “die-individu”, boesem baie vrees en gesag in. In my geval kon die regstelsel nie my geloofsvryheid, wat ook akademiese vryheid implikasies inhou, in plek hou. Een van die hoofregters van Suid-Afrika het ontsaglik baie vals stellings gemaak op skrif wat hy nie wou onderteken. Die gevolg was, die “Judicial Service Commission” (JSC) het nie hulle werk afgehandel, met ‘n getekende brief, toe hulle die miskenning van my individuele regte moes ondersoek. Een van die vals stellings was bv, die regter het verwys na my “belief and homosexuality”. “Belief” is aanvaarbaar maar vir ‘n onderhoofregter van Suid-Afrika, om valslik te skryf, ek is homoseksueel, is nie ‘n geval van vergewe en vergeet. Dit is ‘n geval van vergewe en vir my, daarom hoop ek nog, iets sal gebeur om daardie regter op sy plek te sit. Die publieke beskermer wat ek as laaste uitweg beskou het, het ook my individuele regte misken met die argument, hulle mag nie die JSC ondersoek.

Divided Party bevorder ‘n Suid-Afrika waarin groepe van volke selfbeskikking kan kry. Geloofsvryheid moet eerder toegeskryf word aan gebiede, anders gebeur die tipe probleme wat hierbo beskryf is. Elke groep wat ‘n geloof/filosofie met bestaansreg, respekteer, moet ‘n gebied kry, as hulle dit wil he. Daar moet dus multikulturele areas wees waarin mens enige geloof kan beoefen, wat in praktyk beteken, mens se eerlikheid word beperk, as gevolg van pragmatisme. Daar moet ook enkelkulturele areas wees waar mense-eerlikheid nuwe hoogtes kan bereik. My filosofie, Ienketisme (“Intequinism”), wat ontwikkel het, gedeeltelik uit my ondervinding van beperkte geloofsvryheid, stel die idees Waarheid en Liefde bo alles, teen afgodery. Omdat Christene geargumenteer het, ek dink ek is Jesus, word die uitleef van my filosofie beperk in multikulturele gebiede, wat mens se eerlikheid onwettiglik beperk. Die enigste manier wat ek my reg tot geloofsvryheid kan uitleef, sal wees in ‘n enkelkulturele gebied, waar my filosofie beskerm word in ‘n streek se konstitusie. Dit is ook duidelik, argumente dat net God, wie ‘n man is, eerlik is, kan nie saam met Ienketisme in dieselfde grondgebied floreer.

Die omstandighede het veroorsaak; die woord streke het nuwe betekenis gekry. In die ou dae was streke net kinderspeletjies.