Verskille tussen Ienketisme (Intequinism) en “Geloof”

Alhoewel verskille bestaan tussen Ienketisme en “geloof”, beteken dit nie ek glo nie in God se verlossing. My siening van God se verlossing is meer aards as “gelowiges” sin. Gelowiges se siening aangaande verlossing gaan oor die hiernamaals. “Gelowiges” glo hulle word verlos van hulle sondes in die hiernamaals. Hulle word verlos van hulle sondes, wat bv. finansiële sekuriteit gegee het op aarde. Ek glo God verlos Mens op aarde, wanneer ander se sondes Mens negatief beïnvloed. Ek beskou bv. die eerlike landdros, wat my verlos het van vals beskuldigings deur die-groep, in ‘n landdros hof, as deel van God. Toe Jesus gesȇ het die weg na God is deur hom, het hy bedoel, sy lewenswyse. Hy het nie bedoel hy is ‘n “god” wat geloof en geprys behoort te word. God hou dus nou verband met sosiale kontrak teorie en instandhouding van die Wet, wat regverdig en universeel moet wees, totdat mense nie meer die Wet nodig het, om gemeenskappe te reguleer, vir orde.

Ienketisme bevorder respek vir die idees Waarheid (objektiewe korrespondensie) en Liefde (nie-doen van euwels aan almal, soos self nie aangedoen wil word, plus Kant se kategoriese Imperatief), teen messianisme/afgodery. Liefde is ‘n bron van die kriminele wetstelsel en sosiale kontrak teorie. Terwyl gelowe die twee idees bevorder, beaam baie gelowiges, net die lewende “god” of “God”, wat totaal metafisies is, en Verlosser is, respekteer die twee idees. Volgens gelowiges moet die Verlosser of Lyer, eers geoffer word, voordat “Hy” leier word, hetsy leier in lewende vorm of metafisiese geestelike vorm. Die gevolg is, alle mense volgens baie se gelowige siening, is verlore sondaars in die hiernamaals, tensy hulle ‘n “lewende god” of metafisiese “God” loof op aarde. As iemand probeer goed wees, deur, veral die idee Waarheid of Ienketisme se definisie van die idee Liefde, te respekteer, word s/hy daarvan beskuldig dat s/hy dink s/hy is “god, soos Jesus” of die “Vader”, of “godin” soos Maria. Kajafas Sindroom is gevolglik ‘n probleem, relevant by “gelowiges”. Ek plaas die woord “geloof” in aanhalings tekens, want om te loof en te prys, is dikwels ‘n kenmerk van afgodery (idolatry). Om te leer sing, sonder om te loof en te prys, word belangrik geag deur Ienketisme.

Alhoewel ek veel te danke het aan Christenskap, wat vormende invloed saam met my ouers gehad het op Ienketisme, is daar belangrike verskille, wat my verhoed om terug te keer na “geloof”. In verband met terugkeer, word “Lucifer” geban, om “sy” idees te approprieer en te ontwikkel, vir sataniste se finansiële sekuriteit. Die mensereg “imparting of ideas” bv., was sekulering van die satanistiese gebruik, daarom is ek redelik seker ek sal nie weer ‘n “gelowige” word. Die satanisme word te wyd toegepas tussen gelowiges, teen eerlikes. Eerlikes kan goeie idees vorm omdat hulle waar legkaartstukke in hul gedagtes het, waarmee hulle nuwe gedagtekaarte kan vorm.

My ouers het die idee Waarheid by my gevestig en Christenskap die idee Liefde. Wanneer ek dink aan Christenskap, is Jesus die belangrikste verwysing. Sy sienings verskil wesenlik van bv. Paulus se sienings, wat baie Christene help vorm het. Die verskille tussen my interpretasie van Jesus se filosofie, en, Ienketisme, het hoofsaaklik gevorm oor ‘n definisie vir die idee Liefde en ‘n definisie vir God.

God is alle lewendige liefdevolle eerlikes, plus Logos. ‘n Gedeelte van Logos is onverklaarbaar, dalk noumenon nou, omdat dit in die toekoms dalk fenominologies verklaar sal word. Wonderwerke vind lokaal plaas, en die effek daarvan op die hele wȇreld word oorskat. Meeste Christene aanvaar nie dìe Ienketistiese definisie vir God, omdat hulle kosmologies, nie ontologies, dink aan God. Volgens Ienketisme kan die idees Messias of Christus, soos gesien in die Abrahamse gelowe, nie manifesteer, as gevolg van die enkelvoudigheid daarvan. Die idees is aanvaarbaar as Messias of Christus groep is, want dit impliseer ‘n praktiese werking vir ‘n beter wȇreld. Enige beweging wat ‘n wesenlike goeie effek op die wȇreld het, kan alleenlik in groepvorm manifesteer, met verskeie bydraes deur verskillende mense. Die enkelvoudigheid van die idee Messias in afgodery, kan nie manifesteer, as gevolg van die swakheid van enige mens teen ‘n groep. Die Messias of Christus idee in eenvoud, is ook nie aanvaarbaar as leuenstelling van indoktrinasie, om die samelewing te beheer. Die idee, moet as voorveronderstelling nie bestaan. Enige handelinge, goed of sleg, moet die idee nie voorveronderstel.

Toe Jesus gevra was, wat is Liefde, het hy geantwoord, dit is die Wet en die Profete. Sonder om na tipes wette te verwys, aanvaar ek Jesus se siening aangaande die Wet. Liefde volgens Ienketisme is die nie-doen van euwels aan almal, soos self nie aangedoen wil word, plus Kant se Kategoriese Imperatief. Dit is dus basies die kriminele wetstelsel. Wanneer kriminele aanvalle geloods word op enige ander mens word die idee Liefde nie gerespekteer. “Geloof” se liefde gaan in praktyk meer oor ‘n groep, teen sekere ander groepe. “Geloof” gaan meer oor goed doen aan mede gelowiges, nadat euwels gedoen was aan die Ander, in ‘n “utilitarian” sienswyse.

Jesus het Liefde, ook met die profete vereenselwig, in die sin, Mens moet leef asof Mens Messias (Christus) is. Die woord Christus is meer korrek as Messias, want “Messias” is “warlord”. “Christus” is afgelei van die Griekse woord chrestotes, wat eerlikheid beteken. Eerlikheid was meer sigbaar in Jesus se lewe as die “regverdige oorlog” van ‘n terugkerende Jesus van Openbaring, wat nader is aan ‘n Messias gedagte. Regverdige oorlogvoering, verwys na verdedigende oorlog in die ware sin van die woord. Dit wil sȇ met wapens, bv kannonne, tenks, vliegtuie, gewere ens, in groepvorm. Een man kan nie alleen “oorlog” maak nie. Die woord oorlog, gebruik ek dus nie metafories. Jesus wou ook die messianisme nietig maak, as gevolg van Mens wat geoffer word in die toepassing van messianisme/afgodery. Het hy gedink, as hy die Messias word, sal die slegtigheid eindig? Dalk het hy aanbeveel dat sy dissipels ook elk moet “god” wees, want dan sou die kanse beter wees dat een van hulle dit reg kry. ‘n Probleem in sy hipotese is, indien “die Christus” verskyning erken word, dan opper dit die moontlikheid dat dit weer sal gebeur, tesame met die negatiewe “kruisiging” van Mens.

Om messianisme/afgodery nietig te maak, maak dit meer sin om nie die profete se voorspellings, aangaande “die” verskyning van “die Christus”, in enkelvoud, te probeer volbring. Waarskynlik het Johannes daarom geskryf, wanneer die wedergebore Christus “God” genoem word, sal hy sȇ, hy is nie “God”. Met ander woorde, die profete se siening, aangaande die verskyning en terugkeer van ‘n Messias, moet verwerp word. As Mens die gedagte verwerp, sal die nuwe wȇreld wat Mens wil hȇ, tot stand kom. Dit beteken nie Mens moet sondig met opset. Dit beteken Mens moet eie swakhede besef, en besef, al is Mens ook hoe goed, sal Mens nooit Christus kan wees in die sin van die “Enigste”. Die idee Christus wat die wȇreld vernu, kan slegs plaasvind in groepvorm. Die hoofletter M, van Mens, verwys na meervoudige mense, wat eerlik en liefdevol is.

‘n Ander verskil tussen Jesus se filosofie en Ienketisme aangaande Liefde, gaan oor “liefdadigheid”. Hy het geïmpliseer volgens andere, dis goed, om eers maksimum wins te maak, en dan daarna, dit weg te gee aan armes. Deur implikasie, beteken die regstellende aksie van weggee, die maak van maksimum wins, in die eerste plek, is ‘n fout, maar meeste gelowiges interpreteer dit nie so. Hulle beskou dit aanvaarbaar en reg om eers hulle eie welstand te verseker, met te veel finansiële sekerheid, en daarna weg te gee met “liefdadigheid”. Volgens Ienketisme moet mens net genoeg vir Self (self en naastes) maak, sodat daar geen rede bestaan om met “liefdadigheid” skenkings te maak aan “minderbevoorregtes”. Dit sal andere se self-beskikking bevorder, want dan word daar meer gelos vir ander. Ienketisme se ekonomiese wyse is ‘n vraagstuk wat ek nie empiries kan bewys. Dit is gebaseer op gevoel, wat onstaan het 20 jaar gelede, toe ek ‘n boemelaar gepity het, met ‘n skenking, terwyl ek finansiëel veilig was. Ek het nie daarvan gehou, omdat dit ‘n meerderwaardigheidsgevoel teenoor die boemelaar veroorsaak het. God het my toe laat voel, my meerderwaardigheidsgevoel was foutief. Van toe af was my filosofie, om my “potensiële” inkomste, binne die maksimum-wins-per-individu-stelsel, te beperk, sodat ek nie voel, ek behoort te skenk aan ander. Meeste mense kom nooit in ‘n situasie waarin hulle gereeld behoort te skenk. Dit is net die rykstes wat ‘n verantwoordelikheid het om te skenk, omdat die stelsel vir hulle te veel finansiële sekuriteit gee, terwyl ander, gedeeltelik, as gevolg daarvan, swaarkry.

Mens moet in gedagte hou, skielike revolusionȇre verdeling van rykdom sal ‘n ongewenste effek hȇ op die samelewing, want pryse sal baie styg, as gevolg van ‘n styging in vraag, sonder dat aanbod styg. Die aanbod kant van die ekonomie moet geleidelik aanpas, saam met wyser verspryding van finansiële sekerheid.

Bg. beteken nie ek het die kant gekies van “reason”, as dit gaan oor “reason versus faith”. “Faith” veroorsaak die mees rasionele mense, want sonder God kan mens nie aangaan, wanneer Mens eerlik en liefdevol wil leef.