Kapitalisme, Sosialisme en Kommunisme

Kapitalisme Sosialisme Kommunisme Intequinism

Die drie ismes, Kapitalisme, Sosialisme en Kommunisme, is seker van die mees kontroversiële, as gevolg van die politiese verskille waaroor mens opgewerk kan raak. Tydens die tweede helfte van die 20ste eeu, was party Suid-Afrikaners geïndoktrineer teen Kommunisme. Kommunisme was die vyand waarteen die oorlog plaasgevind het op die grens, voor 1994. Die ANC was toe befonds deur kommunistiese lande. Toe ek in 1998 gaan werk het in kommunistiese China het die indoktrinasie gespook by my. Dis moeilik om te beskryf. Die drogbeelde waaraan ek gedink het voordat ek China toe is, was groot rooi-bruin geboue wat dominerend langs Beijing strate staan. Amper dit wat mens sien by Tianan Men Plein in Beijing. Kapitalisme het beteken, “vrye mark”, minwetende, die mark is nie vry, as gevolg van ondergrondse privaat beheer waarvan mens nie leer op universiteit.

Die Oxford Woordeboek definieer die drie ismes as volg:

capitalism |ˈkapɪt(ə)lɪz(ə)m|
noun [ mass noun ]
an economic and political system in which a country’s trade and industry are controlled by private owners for profit, rather than by the state. an era of free-market capitalism. private ownership is a key feature of capitalism.”

socialism |ˈsəʊʃəlɪz(ə)m|
noun [ mass noun ]
a political and economic theory of social organization which advocates that the means of production, distribution, and exchange should be owned or regulated by the community as a whole.
• policy or practice based on the political and economic theory of socialism.
• (in Marxist theory) a transitional social state between the overthrow of capitalism and the realization of Communism.
The term ‘socialism’ has been used to describe positions as far apart as anarchism, Soviet state Communism, and social democracy; however, it necessarily implies an opposition to the untrammelled workings of the economic market. The socialist parties that have arisen in most European countries from the late 19th century have generally tended towards social democracy.
ORIGIN early 19th cent.: from French socialisme, from social (see social).”

“communism |ˈkɒmjʊnɪz(ə)m|
noun [ mass noun ]
a theory or system of social organization in which all property is owned by the community and each person contributes and receives according to their ability and needs. See also Marxism.
The most familiar form of communism is that established by the Bolsheviks after the Russian Revolution of 1917, and it has generally been understood in terms of the system practised by the former Soviet Union and its allies in eastern Europe, in China since 1949, and in some developing countries such as Cuba, Vietnam, and North Korea. In this form of communism it was held that the state would wither away after the overthrow of the capitalist system. In practice, however, the state grew to control all aspects of communist society. Communism in eastern Europe collapsed in the late 1980s and early 1990s against a background of failure to meet people’s economic expectations, a shift to more democracy in political life, and increasing nationalism such as that which led to the break-up of the Soviet Union.
ORIGIN mid 19th cent.: from French communisme, from commun (see common).”

Opsommenderwys kan daar gesȇ word Kapitalisme word geken in privaat besigheid wat die publiek se benodigdhede verskaf. Die kapitalisme wat ek geken het in Suid-Afrika voor 1994 was gekenmerk deur ‘n sosiale element in die sin, infrastruktuur bv. paaie, kommunikasie dienste en elektrisiteit, was verskaf teen lae koste. Maksimum wins was nie die hoof oogmerk by infrastruktuur. Deesdae word infrastruktuur bv. mobiele telefoon infrastruktuur teen maksimum pryse verskaf, wat ‘n uitbuitery is. Dit is uitbuitery want ‘n klein hoeveelheid mense raak ontsaglik ryk as gevolg van lisensies wat die staat aan hulle uitgereik het. Hulle tap die publiek met selfoon kostes. Die kenmerk van Sosialisme en Kommunisme wat in bg. definisies belangrik blyk is, die produksiefaktore van ‘n ekonomie word beheer deur die staat. Dis belangrik om te weet, dit beteken ook, goeie idees word beheer deur die staat, terwyl “die individu”, subjekte is van “intelligensie”. Daar is dus die twee opponerende kragte, nl. staatsbesit en beheer teenoor privaatbesit en beheer. Ek stem nie saam met bg. definisie dat in Kommunisme “each person contributes and receives according to their ability and needs”. In Kommunisme, is, gelyke inkomstes, belangrik. In China, by die kommunistiese maatskappy wat ek gewerk het van 1998 tot 1999 was direkteure en ander werkers van die maatskappy se inkomste verskille nie naby wat dit is in Kapitalisme. Sport en kuns sterre het ook nie naastenby verdien wat in huidige Kapitalistiese stelsels verdien word. Kommunisme het, volgens my, oor die gelykheid gefaal. Baie bedrog het plaasgevind deur kommuniste om lae lewenstandaarde te verbeter. Dit en min respek vir die bydrae van goeie idees, het Kommunisme lamgelȇ. Sosialisme is ‘n ander storie, want dit is deel van kapitalisme. Sosialisme was nie gekant teen Christenskap soos Kommunisme.

Ek skryf hierdie artikel want eergister het iemand op Twitter sy mening gelig; Sosialisme lei altyd na Kommunisme. Die opinie is ook gelig in die definisie bo, as deel van Marx se teorie.

Dit is interessant, ek het eers op omtrent 50 jarige ouderdom in 2019 besef waaroor die verskille tussen Kapitalisme en Kommunisme/Sosialisme hoofsaaklik gaan. Die verskille is direk verwant aan geloof. Dit was nooit vir my geleer, alhoewel ek ‘n professionele besigheids kwalifikasie voltooi het en ‘n M-graad in filosofie voltooi het. Die leeswerk wat my ingelig het, het ek self gekies, as gevolg van entrepreneuriese ondervinding. Dit is dus redelik seker, my kennis is nie offisiëel in ‘n leerplan saamgevat nie. Die ekonomiese geskiedenis wat deel van my voorgraadse studies was, kon die arbeidsteorie van kapitaal ingesluit het, ek is nie seker, maar dit was nooit gestel teenoor die kapitaal teorie van my eie filosofie, genaamd Ienketisme (“Intequinism“). Kapitalisme en Kommunisme/Sosialisme word goed verstaan met die nuwe kennis wat ek gekry het uit filosofiese leeswerk.

Die arbeidsteorie van kapitaal beteken basies, arbeid bring kapitaal tot stand. Die teorie was al omtrent 1700 deur John Locke gebruik om imperiale kragte te opponeer. Marx het die teorie baie uitgebrei met sy boeke oor kapitaal. Dit is algemene kennis dat kommuniste, Christenskap geban het. Min weet waaroor dit werklik gegaan het. Ienketisme maak ‘n goeie bydrae tot kennis, deur die redes te verduidelik. Sover ek weet het ‘n ander filosofie nog nie die verskille uitgewys. Eintlik is meeste mense sosialiste, volgens my, want meeste mense verkies die arbeidsteorie van kapitaal. Die Nazis het baie duidelik op hul doodskampe se ingange geskryf “Arbeid maak vry”. Dit was ook Marx se opinie dat arbeid primȇr verantwoordelik is vir kapitaal.

Sokrates het ‘n opponerende opinie gehad. Hy het in Plato se boek die Staat (Republic) gesȇ “gode” en “godinne” het goeie idees, en in Plato se boek Ion, het hy verduidelik hoe sulke idees ‘n wesenlike bydrae lewer tot ekonomieë. Volgens Sokrates dus, is arbeid nie die belangrikste faktor wat kapitaal skep nie, idees is, en idees kom van mense, wat hy “gode” en “godinne” genoem het. Christenskap het Sokrates se filosofie geïnkorporeer met die Nagmaal. God word geprys en simbolies geoffer as gevolg van die kapitaal wat geskep word deur goeie idees. Werklike offers voor Christenskap was vervang met simboliese offers in Christenskap. Dit is dus duidelik, Christene is ook sosialiste, wat glo kapitaal word hoofsaaklik deur arbeid gevorm. Die huidige Kapitalisme, wat deur hoofsaaklik Christenskap gedryf word, sluit in, die steel van idees van mense wat geïsoleer word. Die idees word ontwikkel tot voordeel van, hoofsaaklik broeders en susters van geloofsgroepe. Ek skryf van geloofsgroepe, want dit blyk ‘n proses te wees wat by verskillende gelowe plaasvind. Die Vry Messelaars gebruik ook die tegniek tot voordeel van hulle lede. Dit is tipies van afgodery. “Gode” en “godinne” word geoffer en geprys, by baie godsdiens groepe, wat afgodery beoefen. Afgodery word gedeeltelik self erken in beskuldigings dat ander dink hulle is elkeen ‘n “god” of ‘n “godin”.

Dit was nie net Sokrates wat agter gekom het goeie idees, en die mense wat dit voortbring, is belangrik vir oorlewing, sonder om verstrengel te raak in weersprekende offerandes en pryssingery. Augustinus in “City of God” en Nietzsche in “Beyond Good and Evil”, en ander filosowe, het ook daaroor geskryf. ‘n Bydrae van Ienketisme tot kennis is, eerlikheid veroorsaak kreatiwiteit en goeie idees. Sover ek weet het ‘n ander filosofie dit nog nie beskryf. Ek glo, toe Jesus gesȇ het hy sterf vir ander se sondes, het hy bedoel hy sal hopelik die laaste persoon wees wat sterf, as gevolg van sy goeie idees. In daardie tyd was kreatiwiteit ‘n sonde, as gevolg van sosialistiese/kommunistiese gedagtes, “arbeid maak vry”, ‘n implikasie van een van die tien Gebooie. Die erkenning van Sokrates se filosofie as waar, gee die vals voorveronderstelling, teenwoordig vir afgodery; “gode” en “godinne” bestaan. Dis dieselfde as die erkenning van die idee “Messias” of “Christus”, as waar. Sonder die idees dat ‘n mens ‘n “god” of “godin” kan wees, is afgodery nie moontlik. Gelowe soos Islam en Judaïsme wat duidelik stel, mens is nie deel van Jahwe of Allah, is steeds onderhewig aan die voorveronderstelling oor ‘n “Messias”, wat afgodery intrek by stelsels.